Uncategorized

Remnants: Paul Emmanuel

The poignant and tragic exhibition, Remnants, by Johannesburg-based artist Paul Emmanuel is currently on exhibition at Oliewenhuis Art Museum.

Read my review below:

 

Die naam van ’n gestorwe Duitse soldaat neffens dié van ’n Fransman en tussenin ook Johannes en Kodisang. Almal name van Geallieerdes afgedruk op die kunstenaar Paul Emmanuel se vel. Ingeprent, rou in voorkoms, soos wonde wat oopgekrap word.

Onder die gewig van swaar sandsakke het dié Johannesburgse kunstenaar op ’n gipsafgietsel gelê, en bly lê totdat die afgestorwenes se name rooi en pynlik in sy vel afgedruk het.

 

18581775_1363156560387896_7318159170081199447_n
Paul Emmanuel, The Lost Men France (2014)

 

Só het Emmanuel vorm gegee aan Lost Men France, die derde installasie in sy projek The Lost Men, waarmee hy in 2004 begin het.

Lost Men France was ’n plekspesifieke installasie in die Somme-gebied waar duisende soldate in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Dit is hulle wat Emmanuel in herinnering geroep het met vyf reusebaniere waarop foto’s van sy lyf met die name daarop verskyn. En dit is dié menseverlies wat hy deur sy kunswerk bevraagteken.

Gehawende oorblyfsels van dié sybaniere, wat drie maande lank in die Somme se son en wind gewapper het, is deel van Remnants, asook uitgekose videowerke, fotografiese drukke en die gipsafgietsels.

Ter inligting word ’n video van tien minute, Remembering a Counter-Memorial: Making the Lost Men France (2014), vertoon om die proses te wys waardeur die kunstenaar moes gaan om die baniere te skep.

Die grotagtige ruimte van die Reservoir-galery is ideaal vir hierdie uitstalling. Die baniere wat uit die dak hang, skep ’n hartseer prentjie en op elke stuk flenterlap, getitel Remnant 1 tot 5 (2014), is Emmanual se beeld te sien met daarnaas die gipsafgietsels, Remnant 6 tot 10 (2014), waarin hy gelê het.

Teen een muur word ‘n projeksie vertoon van die baniere in die Franse landskap. Dus staan die toeskouer tussen die oorblyfsels van die baniere terwyl hy of sy na die video van hul installasie naby die Thiepval-monument kyk. Die stemming is somber, tragies en aangrypend.

’n Foto van die installasie in Frankryk, The Lost Men France IV (2016), verbeeld ’n plattelandse landskap wat net sowel ’n Vrystaatse landskap kon wees. Maar die onheilspellende onweerswolke roep gedagtes van oorlog en ontbering op.

 

  • Remnants kan tot 9 Julie besoek word.

 

http://www.netwerk24.com/Vermaak/Kuns/somber-tragies-en-aangrypend-20170613

Advertisements

Tell us what you think!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s